Party van julle het Afrikaanse familielede.  Ek het gedink dit sal gepas wees om vir julle ‘n paar voorbeelde te gee van mooi boodskappies om te stuur tydens die Feesgety…

Omgee is ‘n fontein wat spontaan borrel, ‘n warm hand, ‘n glimlag, ‘n stil gebed.  Mag hierdie tyd vir jul ‘n fontein vol mooi dinge wees!

Wens vir jou!  ‘n Glimlag op jou gesig, hoop in jou hart, jou dierbares altyd naby, ‘n muntstuk in jou sak en Jesus in jou lewe!

Ontvang my laaste goeie nag vir 2012.  Mag die voetspore waarmee jy die jaar uitstap en 2013 instap volmaak wees met jou hand styf in Jesus sin.

Hiermee wens ek ook elkeen van julle ‘n heerlike Fesseisoen toe en beste wense vir ‘n Gelukkige Nuwe Jaar.  Geniet die vakansie saam met julle dierbares!

 

Comments are closed.