Die week moes die Graad 9s weereens ‘n nuwe skooluniform vir ‘n skool ontwerp. Hulle moes ‘n voorlegging doen en voorbeelde van die nuwe uniform, wapen en leuse wys. Die kreatiwiteit en die leerders se vermoe om buite die boks te dink, het my weer, soos verlede jaar, verstom! Ek dink dat ons gerus na sommige van die idees kan kyk vir ‘n nuwe Silvermine uniform! 😉2016-02-18_20.35.482016-02-18_20.37.27

Kinderboeke was ‘n groot deel van ons almal se grootword. Die Graad 10s het die geleentheid gehad om  nuwe kinderboeke te kryf en te illustreer. Kwaliteit van die stories en veral die illustrasies was van ‘n baie goeie standaard! Hulle voorlesings het ons almal teruggevoer na ons kinderdae en slaaptydstories… Wel gedaan, Graad 10s.

 

Comments are closed.