Articles by: lynn.grobbelaar

Onvoorbereide Mondelinge ! Help asseblief….

Onvoorbereide Mondelinge ! Help asseblief….

Ons het hierdie week in die Gr 8 – 11 klasse onvoorbereide mondelinge gedoen.  Party van die leerders was ooglopend senuagtig.  Hier is ‘n wenke om te help: Onvoorbereide toesprake Om uit die vuis te praat is ‘n kuns. Om kort en kragtig, logies en spitsvondig ‘n kort toespraak te lewer, is selfs ‘n groter kuns. Daar is egter ‘n[Read More…]

by September 3, 2013 Afrikaans

Hoekom gaan ek skool toe?

Die Matrieks het hierdie week begin met hulle Proefeksamens.  Soms wonder hulle dalk waarom hul deur al hierdie pyn en lyding moet gaan.  Hier is ‘n paar redes, net vir ingeval party van hulle nog aanmoediging nodig het: Vanaf die webtuiste:  www.studeer.co.za Hoekom moet ek studeer? Om te studeer is om jou lewe te verbeter.  Jy neem jou opleiding in[Read More…]

by August 28, 2013 Afrikaans

Afrikaanse spelling: is dit konsekwent, of nie?

Ons sê baie maal dat mens Afrikaans skryf soos ons dit sê, maar is dit altyd so?  Blykbaar het ons, volgens taalkenners te veel uitsonderings om ons te roem op ‘n streng fonetiese taal! Hulle sê: “Ons Afrikaanse spelling is dus nie suiwer foneties nie, d.w.s. dit het nie net een letter vir elke klank nie, of andersom gesê, dit[Read More…]

by August 22, 2013 Afrikaans

Afrikaanse idiome is die beste!

‘n Mens kan  baie van ‘n taal se kultuur en geskiedenis leer deur net na hul idiome te kyk.  Baie Afrikaanse idiome het te doen met diere.  Hier is net ‘n paar:   Die kalf is verdrink. – Daar is niks meer aan die saak te doen nie.   Hy is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. – Hy is[Read More…]

by August 14, 2013 Afrikaans

Lag!

Hulle sê dit is beter om te lag as om te huil.  Wie sal nie saamstem nie?  Dit is tog veel lekkerder ook om te lag as te huil. Hier is tien snaakse feite oor lag: Om te lag is instinktief – alle mense van alle kulture doen dit. Meestal lag ons nie oor iets wat snaaks is nie, maar[Read More…]

by August 8, 2013 Afrikaans

Verjaarsdae… wat beteken dit regtig?

Aangesien ek so pas weer een gehad het, het ek besluit om ‘n paar idees oor verjaarsdae met julle te deel.  Baie dankie ook aan almal by die skool wat my verjaarsdag gister so aangenaam laat verloop het – julle is tog so oulik! Die volgende brokkies het ek op die webtuiste www.woes.co.za gekry: ”Verjaarsdae … of ons nou daarvan[Read More…]

by August 1, 2013 Afrikaans
Grootword neem tyd

Grootword neem tyd

Gedagte vir die week en die nuwe termyn: Dit lyk nogal lekker om n grootmens te wees nè? Wel ek wil vir julle sè: Geniet julle tyd as kinders by die skool. Julle gaan nooit weer so onbelast wees nie. Geniet die termyn kinders! 🙂

by July 24, 2013 Afrikaans

Studiewenke vir Matrieks

Ek het op baie goeie wenke afgekom wat Matrieks kan help.  Dit is nodig dat Matrikulante die Junie/Julie vakansie gebruik om hersiening te doen.  Gebruik hierdie wenke! Oorkom hierdie 10 Slaggate! ELKE eksamentyd gebeur dit — Jou maag trek op ‘n knop van die eksamenkoors en senuwees.  Jy weet nie hoe en waar om te begin leer nie en die[Read More…]

by June 12, 2013 Afrikaans

Studies en Motivering

Mense sê jy moet vir jouself werk, nie vir jou ouers nie…reg?  Somtyds is dit net so moeilik om jouself te motiveer, want dit is moielik om die verband te sien tussen die (partykeer vervelige) skoolwerk wat jy nou doen en jou idee van die werk wat jy eendag gaan doen. Nou, hoe motiveer ek myself?  Moet ek heeltyd dink[Read More…]

by May 27, 2013 Afrikaans

Hoe leer ek vir die Taal gedeelte van my eksamen?

Die beste metode is om die sinne weer te doen wat ons in die klas gedoen het.  Met ander woorde, gaan na die oefeninge en probeer elke sin doen.  As jy dit nie reg kry nie, gebruik die Afrikaans Handbook and Study Guide om na die reëls te kyk.  Jy kan ook na die afdelings in Kinkelvrye Afrikaans kyk waar[Read More…]

by May 15, 2013 Afrikaans